Die Burger op Internet

Voorkamerfees sit magiese allegaartjie voor vir algar

MARIANA MALAN
Darling

Allegaartjie, potpourri, gelukspakkie.
Nie ťťn van diť woorde vat regtig vas wat 'n mens op Darling se Voorkamerfees, wat die afgelope naweek daar gehou is, aantref nie.
Wat daar wel is, is afwagting, opwinding, nuuskierigheid, geheimsinnigheid en in die algemeen gesellige gemeensaamheid.
Mense wat nog nooit 'n internasionale kunstenaar gesien optree het nie, kry die kans. Selfs ook diť wat nog nooit enige uitvoering of opvoering gesien het nie.
Mense wat nog nooit die treinspoor oorgesteek het na die een of ander kant van die dorp nie, kry nou die kans om dit te doen.
Voorkamers van oor die hele dorp maak voordeure oop en - meer nog - maak hul harte oop vir die besoekers.
Hieroor wil'n mens amper meer sÍ as die aansienlike lys van kunstenaars wat opgetree het en wat hulle gedoen het.
Die hele konsep van die fees is so uniek, so vol vreugde en genot dat 'n mens verbaas is dat dit nog nie gekaap of gesteel is nie. So iets besonders sou ander feeste jaloers ook wou besit.
Dit kom daarop neer dat kaartjies per roete (met kleurkode) verkoop word. 'n Mens is "uitgelewer" aan die genade van die roetebeplanner; aan sy of haar wysheid en humorsin.
En dit vra'n besonderse humorsin om Black Noise (hip-hoppers), Wired Strings (strykkwartet) en Niki Romijn met haar program oor Ingrid Jonker op een roete te plaas.
Sou daardie humorsin kon voorsien dat 'n gryskop een oomblik van glorie kon beleef deur deel te wees van die beatbox van 'n groep van die Kaapse Vlakte, of dat iemand wat sy dae in die grys omstandighede van die parlementsgebou deurbring, vir'n minuut of wat DJ kon speel?
Voorbeelde van die ongewone samestelling van die roetes - daar was vanjaar sewe - is legio. Ironies genoeg kon'n mens nie eintlik jou roete met ander bespreek nie.
Om die verrassing vir almal ewe jolig te hou, het gesoute teatergangers en wÍreldreisigers met herinneringe aan die beste teaters waar hulle al was, soos kinders hand voor die mond geklap as ander wou uitvind wat hulle gesien het.
In die gees van die fees wil 'n mens nie net professionele produksies en groot name sien nie. Daar was egter wel 'n paar van die aanbiedinge wat werklik nie die mas opgekom het nie. Ander was weer so verbysterend goed dat dit opgemaak het vir die glips hier en daar.
In die algemeen neem die uwe buitengewone herinneringe saam huis toe.
Daar was die magiese oomblik toe die vinke in die tuin hartlik begin kwetter het toe die groep Souldada se hemelse musiek aan die gang was, en 'n kerkklok wat ook die groep se een vertoning netjies afgerond het.
Daar was die man wat vroue saans met sy flitslig na hul motors vergesel het, kelners in restaurante wat opgelei Is tot op die punt van perfeksie, 'n vrou wat die partytjie vir kunstenaars bygewoon het en vir haar broer oor die telefoon vertel het dat sy vanaand lekker "uitgeshort" is vir die deftige okkasie. En les bes sit 'n mens op die toilet onder die wakende oog van Eugene Terre'Blanche.
Net in Suid-Afrika. O nee, lieve aarde, net in Darling...

terug naar SoulDada

Deze pagina is bijgewerkt op